GEBAKTE GESTOPTE HOENDER
Afrikaans Only - Sowwie
Toe ek hierdie resep ondek, het ek gedink dit is perfek vir mense soos ek, wat sukkel om te weet of hoender gaar is of besig is om uit te droog.
Probeer gerus...
GEBAKTE GESTOPTE HOENDER:
- 2.7 tot 3.5kg Hoender
- 1/2 koppie gesmelte botter
- 1 koppie Stopsel
- 1 koppie Ongekookte Popcorn
- Sout en Peper na smaak
METODE: Voorverhit oond tot 180°C. Smeer hoender goed met gesmelte botter, sout en peper. Vul hoender met stopsel en popcorn. Plaas in oondpan met nek na agterkant van oond. Luister vir pop geluide....! Waneer die hoender se gat ontplof, die oonddeur oopskiet en die hoender deur die lug vlieg, kan jy weet die hoender is gaar!! Julle het gedink ek weet niks van kook nie né?
2 Comments:
is dit nou wat hulle noem 'n Gatslag?
GATSLAG! - Hoender op die tafel, errr .. of hoender reg, skep maar. Ek sien die drum-sticks is teen die muur.
Post a Comment
<< Home